Ooraanbod in mark druk Brent af

Oliepryse het Vrydag met meer as 2 persent gestyg nadat Amerikaanse data verwagtinge van ‘n groei in vraag na die kommoditeit ondersteun het, maar Brent het steeds ‘n sewende agtereenvolgende week se daling aangteken, die langste dalingsperiode in 5 jaar. Brent het die week op net onder 76 Amerikaanse dollar ‘n vat afgesluit. Analiste sê die mark is oorvoorsien. Chinese doeane-data toon dat sy ru-olie-invoere in November met 9 persent gedaal het teenoor ‘n jaar tevore, aangesien hoë voorraadvlakke, swak ekonomiese aanwysers en verlangsamende bestellings van onafhanklike raffinaderye die vraag verswak het. Saoedi-Arabië en Rusland het hul Opul-vennote gevra om die besnoeiings in produksie van 2 miljoen vate per dat in Januarie te ondersteun.