Putin weer op pad na China

Die Russiese president, Vladimir Putin, sal China Donderdag besoek en die leier, Xi Jinping, ontmoet. Dit is die Russiese leier se eerste reis na die buiteland sedert sy herverkiesing in Maart, en sy tweede in net meer as ses maande na China. Die Kremlin sê die twee leiers sal hul omvattende vennootskap en strategiese samewerking bespreek, asook sleutelgebiede vir ontwikkeling van Russies-Chinese samewerking en menings uitruil oor internasionale en streekkwessies. Hulle sal ook ‘n geleentheid bywoon om 75 jaar van diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande te vier.