Putin waarsku Israel teen grondoffensief

Die Russiese president Vladimir Putin vra dat die bloedvergieting in die Midde-Ooste beëindig word en waarsku Israel dat ‘n grondoffensief in Gaza tot ‘n “absoluut onaanvaarbare” aantal burgerlike ongevalle sal lei. “Rusland is gereed om te koördineer met alle konstruktief-gesinde vennote,” sê Putin, en voeg by dat die sleutel tot ‘n oplossing van die Israelies-Palestynse konflik die skep van ‘n onafhanklike Palestynse staat met Oos-Jerusalem as hoofstad is. Rusland het die Verenigde State herhaaldelik die skuld gegee dat hulle die lot van Palestyne ignoreer en sodoende chaos in die Midde-Ooste saai.