Putin soek blykbaar Noord-Koreaanse arbeid vir heropbouing van Donbas

Die Russiese President Vladimir Putin en Kim Jong Un, Noord-Koreaanse leier, sal omvattende en konstruktiewe bilaterale betrekkinge uitbrei. In ’n brief aan Kim vir Korea se bevrydingsdag sê Putin nouer bande sal in albei lande se belang wees, en sal help om die veiligheid en stabiliteit van die Koreaanse skiereiland en die Noordoos-Asiatiese streek te versterk. Volgens Kim, is die strategiese en taktiese samewerking, ondersteuning en solidariteit tussen die twee lande belangrik en sal nou ‘n nuwe vlak bereik. Sommige nuusagentskappe berig dat Putin arbeid uit Noord-Korea wil hê die vir herkonstruksie van die Donbas-streek in die Oekraïne.