Putin sal volgende (weer) vir presidensie staan

Vladimir Putin sal aan die Russiese presidensiële verkiesing in Maart deel teem, ‘n stap wat hom tot minstens 2030 aan bewind sal hou. Volgens berigte glo hy, hy moet Rusland deur die gevaarlikste tydperk in dekades lei. Dit is volgens ses bronne wat die besluit aan Reuters bevestig het. Putin, wat op die laaste dag van 1999 die presidentskap by Boris Yeltsin oorgeneem het, is reeds langer as enige ander Russiese leier sedert Josef Stalin in mag en het selfs Leonid Brezhnev se ampstermyn van 18 jaar geklop.