Putin is woedend oor ‘kansellasie’ van Russiese kultuur

President Vladimir Putin van Rusland sê pogings om Russiese kultuur te ‘kanselleer’, wat stappe teen bekende Russiese komponiste en skrywers insluit, kan vergelyk word met Nazi-boekverbranding. Putin sê Westerse magte probeer meer as ‘n duisend jaar van Russiese geskiedenis uitvee. Hy het melding gemaak van toenemende diskriminasie teen alles wat met Rusland verband hou. Die komponiste Tchaikovsky en Rachmaninov is van die Cardiff Filharmoniese Orkes in Wallis se program geverwyder en net so het die Universiteit van Milano-Bicocca in Milaan, Italië, ‘n kursus oor die bekroonde Russiese romanskrywer Fyodor Dostoevsky opgeskort om spanning te vermy.