Putin het nie veel om te vier op sy 70ste verjaarsdag nie

Daar is nie veel wat Russiese President Vladimir Putin vandag op sy 70ste verjaarsdag kan vier nie. Dit is die mening van verskeie kommentators uit die Weste. Mark Voyger, van die Sentrum vir Europese Beleidsanalise in Pole, sê Putin is in ‘n hoek gedruk, en verneder in die Oekraïne.