Putin-bondgenoot se dogter dood in bomaanval

Die dogter van ‘n groot bondgenoot van die Russiese president, Vladimir Putin, is in ‘n vermoedelike motorbomaanval dood. Die 29-jarige Darya Dugina, is die dogter van die Russiese politieke kommentator, Alexander Dugin, en is dood toe ‘n Toyota Land Cruiser wat sy bestuur het deur ‘n kragtige ontploffing buite Moskou vernietig is. Ondersoekbeamptes meen die bomaanval was moontlik vooraf beplan en dalk vir haar pa bedoel. Hulle het ter elfder uur motors geruil na ‘n geleentheid. Die Russies-beheerde Volksrepubliek Donetsk het die Oekraïnse regering vir die bomaanval blameer.