Putco se besluit is onvolhoubaar – SA ekonoom

Die Suid-Afrikaanse busmaatskappy Putco het bekend gemaak sy brandstof-verwante tariefverhoging wat voorheen aangekondig is, bly opgeskort. Dit is as gevolg van deurlopende pogings om betrokke regeringsowerhede te betrek by moontlike volhoubare oplossings om pendelaars te beskerm. Putco se woordvoerder, Lindokuhle Xulu, sê terwyl stygings aanhoudend voortduur, word dit meer uitdagend om gehalte-diens aan pendelaars te lewer. Xulu voeg by Putco is ook blootgestel aan die stygende lewenskoste weens onder meer brandstofprysverhogings. Ekonoom Dawie Klopper sê aan Kosmos 94.1 Nuus ekonomies maak dit nie sin nie.