Pupkewitz Motors sluit vennootskap met Christine Mboma  

Die naam van die Namibiese Olimpiese atleet, Christine Mboma was dalk ‘n bietjie stil in sportnuus sedert sy ten volle van haar besering herstel en hard aan die oefen is. Christine se naam is weer terug in die nuus en hierdie keer met iets positiefs en opwindend. Pupkewitz Motors is opgewonde om ‘n nuwe vennootskap met Christine aan te kondig wat Vrydag tydens ‘n amptelike oorhandiging bekend gemaak sal word. Christine se afrigter Henk Botha deel sy opgewondenheid oor hierdie vennootskap met Kosmos 94.1 Nuus.

Botha het ook Christine se vordering gedeel ná ‘n besering wat haar vir ‘n rukkie van die atletiekbaan gehou het…