Toerisme SA bemark die land as veilige bestemming

Suid-Afrikaanse toerisme-amptenare sê hulle is daartoe verbind om die land as ʼn veilige bestemming aan toeriste regoor die wêreld te bemark. Toerisme SA woon die wêreld se voorste reis-handelskou by. Die ITB Berlin in die Duitse hoofstad, Berlyn, is ʼn ekspo wat elke jaar 160 lande lok. Die uitvoerende bedryfshoof, Nomasonto Ndlovu, sê sy is daarop ingestel om die siening te verander dat Suid-Afrika nie meer veilig is om te besoek nie.