Puma Energy Namibia stel sy sonkragprojekte bekend

Puma Energy Namibia het sy nuwe netwerk van sonkragprojekte amptelik by sy kleinhandelpersele, depots en terminale in Namibië bekend gestel. Die 24 sonkragprojekte het ‘n gesamentlike kapasiteit van 781 kiloWatt wat jaarliks ‘n geraamde 1 337 MegaWatt kan genereer. Daar word beraam dat hierdie hoeveelheid son-energie koolstof-vrystellings met 1 044 ton per jaar sal verminder. Adell Samuelson, Puma Energy Namibia se hoofbestuurder sê hierdie projek dui hul verbintenis aan tot die lewering van laer koolstof, hernubare energie-oplossings en energie aan die gemeenskappe wat hulle bedien. Sy sê die projek sal ‘n blywende positiewe impak hê en aansienlike hoeveelhede skoon energie lewer.