Publiek moet paraat wees

Daar is kommer dat die onluste en plundery in Suid-Afrika na Namibië kan oorspoel en Nampol het reeds verskeie waarskuwings in die verband uitgereik en ook patrollies verskerp. Die sekuriteitsmaatskappy G4S het ook sy kliënte ingelig dat hy deurentyd die kwessie met die Khomas-bevelvoerder kommissaris Ismael Basson bespreek en die situasie monitor. Die direkteur van operasies by G4S Steve Mertens het al sy kliënte gemaan om versigtig en voorbereid te wees, weer noodnommers bevestig en ‘n beroep op hulle gedoen om ’n ontruimingsplan voor te berei.