EU tree in met hulp na vloede

Die Europese Unie se Burgerlike Beskermingsmeganisme is geaktiveer, in antwoord op die Belgiese regering se versoek om hulp ná oorstromings in Europa. Minstens 70 mense het in ernstige oorstromings in België en Duitsland gesterf, na wat kenners beskryf as die swaarste reënval in ‘n eeu. Die EU het ‘n reddingspan en ‘n helikopter gestuur om met die plaaslike reddingspogings te help.