Publiek moet help met smokkelary van tuinbouprodukte

Die Namibiese Akkerbouraad nooi Namibiërs om vermoedelike oorgrens-smokkelary van akkerbou- en tuinbouprodukte aan te meld. Die raad het aanvanklik die SMS-lyn ingestel vir gebiede wat gesien is as die brandpunte vir smokkel-aktiwiteite soos die Zambezi-streek, maar dit word nou die amptelike SMS-lyn vir die hele land gemaak in ‘n poging om die Namibiese mark en produkte te beskerm. Auguste Fabian, skakelbeampte van Akkerbouraad gesels met Kosmos 94.1 Nuus.