Namibië neem deel aan Hokkie Wêreldbeker in SA

Die Namibiese Hokkie-unie se vroue- en manspanne sal van 5 tot 11 Februarie in Pretoria, Suid-Afrika, aan die Binnenshuise Hokkie Wêreldbeker-toernooi deelneem. Die manspan is reeds in Johannesburg en hulle sal vier opwarmingswedstryde in Pretoria speel voor die begin van die Wêreldbeker. Die manspan se hulp-afrigter, Jerrica Cormack, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is baie opgewonde oor die Wêreldbeker en dat die span in goeie vorm is.