Publiek aangemoedig om deel te neem aan fluitjieblaser-wetgewing

Die Whistleblower House moedig Suid-Afrikaners aan om aktief deel te neem aan die voorgestelde hervorming van fluitjieblaser-wetgewing. Die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling het die voorgestelde hervorming vir openbare kommentaar vrygestel. Dit volg op President Cyril Ramaphosa se erkenning van die Kommissie van Ondersoek na bewerings van Staatskaping in die staatsektor. Die direkteur van Whistleblower House, Ben Theron, glo fluitjieblasers het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die blootlegging van bedrog en korrupsie. Theron het in ‘n onderhoud met die SABC, die belangrikheid beklemtoon, van die beskerming van fluitjieblasers teen viktimisasie, vóóroordeel en skade: