Psemas-pasiënte: dokters sê hulle subsidieer die staat

Psemas-pasiënte in Namibië voel asof hulle nie mediese fonds het nie, omdat hulle beperk is. Pasiënte mag slegs gebruik maak van gesondheidsverskaffers wat deur Psemas gekontrakteer is en die mediesefondsskema maak tans gebruik van die 2014 NAMAF-skema vir eise en betalings. Diegene wat gekontrakteer word, moet tot daardie tariewe instem, en daarom sê die diensverskaffers hulle subsidieer nou die staat. Eben de Klerk, navorser van die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.