Psemas-drama duur voort

Reaksie is ontvang oor berigte dat die Namibiese mediese fonds vir staatsamptenare, Psemas, weer in die moeilikheid is. Dit volg na ‘n onlangse ondersoek wat deur die destydse minister van finansies Calle Schlettwein gelas is na talel aantyging van korrupsie. Psemas is al by verskeie geleenthede as onvolhoubaar beskryf, ook deur die regering. Konsultant Eben de Klerk het sy mening oor Psemas se volhoubaarheid met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

De Klerk het ook gesê dat dokters nie die skuld kan kry vir die ondergang van Psemas nie.