Gee bewyse dat my regters dronklappe is – Shivute

Die Hoofregter Peter Shivute het die leier van die LPM-party Bernadus Swartbooi gedaag om te bewys dat Namibiese regters te veel drink. Sy aanmerking kom nadat Swartbooi gesê het die regbank behoort rehabilitasie vir sy regters aan te bied omdat meeste aan drank verslaaf is en dus onbevoeg is. Volgens Swartbooi voldoen uitsprake deur regters nie aan die Namibiese wette nie en die regbank se onafhanklikheid is in gedrang. Swartbooi het bygevoeg dat hy die name het van regters wat alkoholiste is. Volgens Shivute is dit ‘n jammerte dat aanvalle op die regbank van iemand kom wat ‘n openbare amp beklee en sê verder dat net omdat ‘n uitspraak nie in ‘n spesifieke party se guns is nie, beteken dit nie dat die regter onbevoeg is nie.