Pryse van varsprodukte in SA word ondersoek

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika se ondersoek na varsproduktemarkte begin vandag in Pretoria. Die ondersoek dek boere se verkope van vars produkte aan kliënte, die kleinhandelaar, verwerker en uitvoermark. Dit sal ook konsentrasie en pryse in die saad-, kunsmis- en landbou-chemiese mark ondersoek. Die kommissie sê kommer oor die varsproduktemark het tydens die Covid-19-pandemie ontstaan na verskeie berigte en bevindings oor nie-mededingende en onregverdige prysvasstelling in die sektor. Die kommissie het ook onlangs bevind dat die middelman die prys van kookolie in die buurland, en dus ook plaaslik, opgestoot het om die situasie in Oos-Europa uit te buit.