Pryse van olies en vette styg met 26,2% in Junie

Pryse vir olies en vette het in Junie met 26,2 persent in Namibië verhoog vergeleke met 16,7 persent wat in dieselfde tydperk ‘n jaar tevore geregistreer is. Die Namibiese Statistieke-agentskap se Verbruikersprys-indeks vir Junie is vandag bekend gestel. Die styging is hoofsaaklik weerspieël in die prysvlakke van kookvette wat eskaleer het van 11,9 persent tot 26 persent, kookolie van 26,6 persent tot 38,8 persent, en margarien- en margariensmeer van 7,4 persent tot 11,9 persent. Vrugte-pryse het in Junie met 18,1 persent gestyg vergeleke met 6 persent in Junie 2021.