Prys van Brent-ruolie styg skerp
Die prys van Brent-ruolie het die eerste keer sedert Maart tot meer as 122 Amerikaanse dollar opgeskiet nadat die Europese Unie ingestem het om sanksies in te stel teen twee-derdes van die olie wat Rusland aan lidlande uitvoer. In Maart, kort nadat Rusland die Oekraïne op 24 Februarie ingeval het, het dit die hoogste vlak in jare, 129 Amerikaanse dollar, 30 sent per vat getref. In Mei het Brent al 9,4 persent duurder geword. Namibiërs moet onthou om vanaand hul brandstoftenke vol te maak met brandstofpryse wat om middernag styg.