Pruimwerkers het maak-of-breekseisoen

Suid-Afrikaanse pruimkwekers staan voor ‘n maak-of-breekseisoen wat sy toekoms en volhoubaarheid sal bepaal. Volgens Hortgro se mark- en handelsbestuurder, Jacques du Preez, het pruimkwekers die afgelope vyf jaar met baie uitdagings te kampe gehad. Hy sê toe die produksie die afgelope seisoen herstel, was die opbrengs aan produsente laer as die koste en gelykbreek pryse. Die toename in produksie- en uitvoervolumes het nie tot positiewe finansiële opbrengste gelei nie. Hortgro se raming is pruimopbrengste per karton is die afgelope seisoen 30 tot 40 persent laer in vergelyking met die vorige jaar.