Protesoptog vir Navalny

Bondgenote van die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, sê sy gesondheid het só agteruit gegaan in die tronk dat massa-protes die enigste manier is om sy lewe te red. Reuse-betogings gaan na verwagting Woensdag in dorpe en stede oral in die land gehou word. Navalny, wat ‘n uitgesproke kritikus van President Vladimir Putin is, dien tans ‘n vonnis van drie-en-‘n-half jaar uit vir oortreding van sy parool-voorwaardes. Sy dogter, Dasha, het op Twitter gepleit dat ‘n dokter by haar pa toegelaat word. Hy is glo só siek dat hy enige dag kan sterf.