Protes teen hidrobreking in Karoo

‘n Groep aktiviste gekant teen hidrobreking in die Karoo het die week protes aangeteken terwyl eksplorasiewerk vir gas, metaan, uraan en selfs steenkool sedert September verlede jaar naby Beaufort-Wes voortgesit word. ‘n Woordvoerder van die Green Connection, Neville van Rooi, sê die gemeenskappe van die Karoo is ontsteld oor die mandaat wat die Departement van Minerale Bronne en Energie en die Raad op Geo-wetenskap aan groot boormaatskappye gegee het. Hy sê die bekommernisse van betogers word geïgnoreer: