Proteas wen Pakistan net-net, met 1 paaltjie

Suid-Afrika het in ‘n naelbytstryd Pakistan by die Wêreldbeker in Indië geklop. Die een-paaltjie-oorwinning in Chennai beteken die Proteas is nou gelyk met die gashere met tien punte bo aan die punteleer, maar loop voor wat betref lopie-gemiddelde. Indië is een wedstryd voor Suid-Afrika. Aiden Markram het die meeste lopies vir Suid-Afrika aangeteken met 91, maar dit was Keshav Maharaj en Tabraiz Shamsi wat die elf wenlopies moes aanteken vir hulle oorwinning. Shamsi het vroeër vier paaltjies vir 60 lopies laat kantel om Pakistan vir 270 uit te haal.