Proteas vaar goed in tweede eendag kragmeting teen Sri Lanka

Krieket: Janneman Malan het die Proteas se aanslag in die tweede eendag
internasionale kragmeting teen Sri Lanka in Colombo gelei. Sy 121 lopies van 135 balle
af het gehelp om ‘n oorwinning van 76-lopies vir die Suid-Afrikaners te besorg in ‘n
wedstryd wat deur reën onderbreek is. Die besoekers, wat eerste gekolf het, het 283 vir
ses in hulle toegelate 47 boulbeurte behaal. In Sri Lanka se kolfbeurt het Tabraiz
Shamsi vyf paatljies vir 49 lopies ingeoes, wat gehelp het om die gashere vir 197 uit te
haal. Die Proteas het die eerste wedstryd met 14 lopies verloor. Die derde en
beslissende kragmeting vind Dinsdag plaas.