Proteas pak Wes-Indië vanaand in Grenada

Krieket: Die kaptein van die Proteas se Twintig-20-span, Temba Bavuma, gaan nie daarop aandring dat hulle moet kniel ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging wanneer hulle reeks van vyf wedstryde teen Wes-Indië vanaand in Grenada afskop nie. Bavuma steun die gesamentlike besluit van die span om hulle steun vir maatskaplike geregtigheid op hulle eie persoonlike manier te toon. Die kaptein is weer ten volle fiks na hy die toetsreeks weens ‘n beseerde vinger misgeloop het. Die Wes-Indiese span spog steeds met die kernspelers van die span wat in 2016 die T20-Wêreldbeker verower het.