Proteas pak Engeland in Bristol in T20

Krieket: Suid-Afrika en Engeland gaan môre in Bristol teen mekaar te staan kom in die eerste van drie T20’s. Die spanne het gemengde welslae behaal in die eendagreeks, met elke span wat ‘n oortuigende oorwinning behaal het. Die laaste wedstryd het uitgereën nadat die Proteas goed begin het. David Miller neem waar as T20-kaptein in die afwesigheid van die beseerde Temba Bavuma.