Proteas moet beter kolf: Duminy

Krieket: Die Proteas moet môre se tweede eendagwedstryd teen Indië op St George’s Park in Gqeberha wen, maar sal ʼn manier moet kry om Indië se uitstekende boulwerk teen te staan. Die besoekers het gister die eerste eendagwedstryd op die Wanderers in Johannesburg met agt paaltjies gewen en daarmee hulle vierde agtereenvolgende oorwinning oor die Proteas behaal. Dit was ook Suid-Afrika se tweede nederlaag teen Indië op die Wanderers nadat hulle Donderdag in die derde en laaste T20 verslaan is. Die kolf-afrigter, JP Duminy, sê die Proteas moet beter kolf.