Proteas kry laagste telling nog teen Bangladesj

Krieket: Die Protea-boulers voer ‘n opdraande stryd in die derde en beslissende eendagwedstryd teen Bangladesj in Centurion, waar hulle ‘n middelmatige wenteiken van 155 moet verdedig. Suid-Afrika het goed afgeskop toe Quinton de Kock en Janneman Malan ‘n aanvangsvennootskap van 46 lopies daargestel het, maar daarna het die paaltjies begin kantel. Malan se 39 was die hoogste individuele telling. Die laaste paaltjie het aan die einde van die 37ste boulbeurt geval nadat Taskin Ahmed vyf slagoffers geëis het. Dit is die Proteas se laagste telling nog teen Bangladesj.