Oekraïne begin glo gebiede terugwen sedert Russiese inval

Oekraïnse militêre magte het volgens berigte begin om dele van die land te herwin wat Rusland oorgeneem het sedert die inval ‘n maand gelede begin het. Owerhede in Makariv wes van die hoofstad, Kiëf, sê die nasionale vlag wapper weer daar. Internasionale media berig ‘n woordvoerder van die Amerikaanse ministerie van verdediging sê Oekraïners is in dele van die suide besig om die slagveld-momentum om te keer. Britse kenners verwag Moskou gaan weens die jongste verliese sy taktiek heroorweeg. Brittanje sê ook Russiese magte bombardeer steeds die suidelike hawestad Mariupol