Proteas-kaptein: Stadige begin teen Engeland nie ‘n opsie

Krieket: Die reeks van drie toetse tussen Suid-Afrika en Engeland begin Woensdag op Lord’s in Londen. Die tuisspan se nuwe super-aggressiewe benadering tot toetskrieket onder die kaptein, Ben Stokes, en afrigter Brendon McCullum, was tot dusver suksesvol, met ‘n perfekte rekord van vier oorwinnings in vier wedstryde. Voor die nuwe benadering het Engeland net een van hul vorige 17 toetse gewen. Suid-Afrika loop tans voor in die Internasionale Krieketraad se Wêreldtoetskampioenskap en sedert die aanvangskolwer, Dean Elgar, kaptein van die toetsspan geword het, het die Proteas sewe uit nege wedstryde gewen.