Proteas gereed vir tweede toets teen Engeland

Krieket: Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Engeland begin Donderdag op Old Trafford in Manchester, met die Proteas wat 1-0 voorloop in die reeks van drie wedstryde. Dit is nadat hulle Engeland binne drie dae in die eerste toets op Lord’s met ‘n beurt en 12 lopies oorweldig het. Dit was ‘n indrukwekkende vertoning deur die Proteas se snelboulers, maar Anrich Nortjé sê daar is steeds ruimte vir verbetering.