Dwelms van meer as R3 miljard in vier jaar in SA gekonfiskeer

Die nasionale hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het bevestig die Suid-Afrikaanse Narkotika-handhawingsburo het die afgelope vier jaar beslag gelê op meer as drie miljard Suid-Afrikaanse rand se dwelms. Lebeya het vandag met die media gepraat oor die mylpale wat bereik is sedert sy aanstelling in 2018 en sê meer as 225 dwelmverwante skuldigbevindings is verseker.