Proteas en Aussies takel mekaar eerste keer sedert Sandpaper-gate

Krieket: Suid-Afrika en Australië sal mekaar vir die eerste keer in ‘n toetsreeks ontmoet sedert die berugte “Sandpaper-gate”-reeks in 2018. Die openingstoets begin Saterdag op die Gabba in Brisbane, met wedstryde in Melbourne en Sydney wat daarna volg. Die tuisspan het baie lopies in die onlangse reeks teen die Wes-Indiese Eilande aangeteken, maar die tussentydse Protea-hoofafrigter, Malibongwe Maketa, hoop vir ‘n goeie stryd tussen die kolf en die bal.