Dissiplinêre optrede kom vir ANC-lede wat ja stem vir Phala-Phala-verslag

Daar gaan dissiplinêr opgetree word teen ANC-parlementslede wat ten gunste van  die aanvaarding van die Artikel 89-paneel se verslag oor die Phala Phala-plaassage gestem het. Die verslag het bevind President Cyril Ramaphosa sal dalk verantwoording moet doen tydens ‘n moontlike vervolgingsproses rakende die diefstal van buitelandse valuta by die plaas. Die tesourier-generaal van die ANC, Paul Mashatile, sê diegene wat die party verontagsaam het, het ʼn fout begaan. Hulle is Nkosazana Dlamini-Zuma, Supra Mahumapelo, Tandi Mahambehlala, Mosebenzi Zwane en Mervyn Dirks. Die parlement het danksy die ANC se meerderheid nie die verslag aanvaar nie.