Prolife Namibia: Daar is alternatiewe vir aborsie

‘n Aktivis het haar reaksie gegee oor die Namibiese gesondheidsministerie wat altesaam 3 050 aborsies in 2020 en 2021 aangeteken het. Dit sluit spontane, pogings, mislukte en ander tipes aborsies in. Die ministerie het 1 407 aborsies vir die 2021/22-boekjaar aangeteken en 2 080 vir 2020/21. Sasha Louw van Prolife Namibia, ‘n organisasie wat gekant teen aborsies is, gee raad aan jong meisies met ongewenste swangerskappe.