Prokureur-generaal reageer op omstrede hooggeregshof-uitspraak

Die kantoor van die prokureur-generaal het sy reaksie gegee op die hooggeregshof se uitspraak oor die erkenning van selfdegeslaghuwelike wat wettig buite Namibië gesluit is. Gegewe die omvang van hierdie uitspraak en die wyer regs-implikasies daarvan, is die regering besig om ‘n regs-beoordeling van hierdie grondwetlike uitspraak uit te voer. Artikel 81 van die Grondwet bepaal dat ‘n beslissing van die hooggeregshof bindend sal wees op alle ander howe en persone in Namibië, tensy dit deur die hooggeregshof self omgekeer word, of weerspreek word deur ‘n parlementswet. Die regering sal die publiek op ‘n gepaste tyd inlig oor sy amptelike reaksie op hierdie omstrede uitspraak.