Project Shine wil Swakopmund skoonhou

Die Swakopmund-munisipaliteit se Project Shine het 190 000 Namibiese dollar van verskeie borge ontvang om die dorp en omliggende gebiede skoon te hou. Sedert sy bekendstelling in 2007, het Project Shine ‘n belangrike rol gespeel in die bevordering van netheid, herwinning en die verbetering van die maatskaplike welsyn van die Swakopmundse gemeenskap. Die burgemeester, Dina Namubes, sê deur hierdie projek word inwoners aangemoedig om op ‘n verantwoordelike manier van hul afval ontslae te raak en bedag te wees op die probleem wat rommel bied.