‘Profeet’ van moord aangekla na vroue sterf wat brousel drink

Die 45-jarige Namibiese selfverklaarde profeet Mberema Andrew Hausiku het vandag in die Rundu-landdroshof verskyn nadat twee vroue Woensdag gesterf het na hulle ‘n brousel gedrink het wat hy hulle glo ingegee het. Twee ander vroue wat ook die brousel gedrink is in die Nyangana-hospitaal opgeneem. Hausiku is borgtog geweier weens die erns van die misdaad. Die aanklagte is verander van strafbare manslag na twee aanklagte elk van moord en poging tot moord en een klag van die oortreding van die wet op die onderdrukking van heksery. Die saak is tot 25 Augustus uitgestel vir regshulp en verdere ondersoek.