Dorslandtrek-gedenkfees vir Mei 2023 beplan

Die Dorslandtrek Swartbooisdrif-vereniging beplan ‘n Dorslandtrekker-fees vir Mei 2023. Dit sal ‘n voortreflike geleentheid wees om nie net die geskiedenis van die Dorslandtrek te herdenk nie, maar ook om weer ou, bekende bande en nuwes te smee. Die Dorslandtrek-gedenkfees word vir 25 tot 28 Mei 2023 by die Kunenerivier en Swartbooisdrif beplan. Verblyf is beskikbaar by die Omunjandi Ruskamp  by die Voortrekkers se kampterrein en die Okapupa Ruskamp.