Prof. Ernst Stals gesels oor sy nuwe Namibiese boekDecember 15, 2022

Die formidabele Namibiese skrywer, historikus en afgetrede dosent, professor Ernst Stals, spog met ‘n nuwe boek “Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika”. Dit is deur Padlangs-publikasies van Gondwana vrygestel, wat graag stories oor Namibië se mense, diere, plante en geskiedenis publiseer. Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika is ‘n kroniek van die verhouding tussen mens en wilde diere in Namibië tot en met 1960. Professor Ernst Stals gesels met Kosmos 94.1 Nuus.