Pro-Kremlin blogger dood in bomontploffing

‘n Ondersoek is begin om vas te stel wat die omstandighede was rondom die moord op ‘n bekende Russiese militêre blogskrywer, Vladlen Tatarsky. Hy is dood in ‘n ontploffing in ‘n kafee die middestad van St. Petersburg, en 19 ander mense is beseer. Volgens berigte was die bom versteek in ‘n standbeeldjie wat in ‘n boks as geskenk aan Tatarsky gegee is. Hy was soms krities oor Russiese militêre terugslae in Oekraïne. Daar word berig indien Tatarsky doelbewus geteiken is, is sy dood die tweede moord op ‘n bekende pro-oorlog-figuur in Rusland.