Privaatsektor maak minder skuld

IJG Sekuriteite in die hoofstad sê die syfers vir privaatkredietverlening in Maart vanjaar toon ‘n afname in nuwe skuld wat aangegaan is. Op ‘n jaargrondslag is krediet wat uitgereik is aan die privaatsektor sowat 71,7 persent laer in vergelyking met einde Maart verlede jaar. In hul verslag sê die ontleders dat banke strenger kredietmaatreëls toepas en verbruikers is versigtig. Oor die algemeen meen IJG dat daar ‘n lae vertroue in die plaaslike ekonomie is. Beleggings deur maatskappye het afgeneem, asook besteding van huishoudings.