Prins Misuzulu Zulu as nuwe Zulu-koning aanbeveel

Prins Misuzulu Zulu is as die nuwe AmaZulu-koning aanbeveel. Dit blyk uit die testament van die koningin Mantfombi Dlamini-Zulu wat by KwaNongoma in KwaZulu-Natal voorgelees is. Sy het verlede week in ‘n Johannesburgse hospitaal beswyk en is vroeg gisteroggend by die koninklike paleis te ruste gelê. Prins Misuzulu Zulu het saam met singende Zoeloe-regimente na sy moeder se gedenkdiens marsjeer. Die Zoeloe eerste minister Mangosuthu Bethelezi was verplig om hulle te dissiplineer.