Prins Harry se afluister-hofsaak aangehoor in Londen

Prokureurs vir prins Harry was vandag in ‘n Londense hof in sy jongste saak teen Brittanje se poniekoerante, hierdie keer die stryd teen Rupert Murdoch se News Group Newspapers oor bewerings dat die groep sy oproepe afgeluister het. Harry het in September 2019 opgetree teen die groep wat die uitgewer is van die Sun-poniekoerant en nou ontbinde News of the World. Die groep, wat reeds miljoene pond uitbetaal het om honderde sulke sake te skik, poog om Harry en die akteur Hugh Grant se eise te skrap, met die argument dat hulle vroeër moes opgetree het. Die saak is een van vier wat Harry in die hof in Londen teen Britse koerante voer vir die skending van privaatheid.