Prins Harry sal sy oupa se begrafnis bywoon

Buckingham-paleis het bevestig dat prins Philip op 17 April begrawe gaan word. Die paleis het ook bekendgemaak dat prins Harry uit Amerika sal reis vir die finale afskeid en eerbetoon aan sy oupa. Megan is deur haar dokter aangeraai om nie te reis nie, weens haar swangerskap. Dus sal Harry alleen die begrafnis bywoon.