Prins Harry, bekendes se private saak teen koerante begin

Die eerste verhoor in ‘n regsgeding wat prins Harry en die sanger Elton John, die aktrise Elizabeth Hurley en die rolprentmaker David Furnish teen ‘n koerant-uitgewer aanhangig gemaak het, het in die hoërhof in Londen begin. Dit gaan oor die beweerde skending van hulle privaatheid. Aspekte van die skending van privaatheid sluit in die beweerde afluistering van telefone en die betaling van polisielede vir vertroulike inligting. Die uitgewer van Daily Mail, The Mail on Sunday en Mail Online, Associated Newspapers, het die bewerings ontken.